
Die gemiddelde persoon maak ongeveer 35000 keuses per dag. Dit sluit natuurlik in van wat om vir ontbyt te eet, wat om aan te trek of selfs hoe om jou vrou wakker te maak.
Sommige keuses is maklik om te maak met min nagevolge. Dit gaan verseker geen verskil maak of jy jou tande aan die linkerkant of die regterkant begin borsel nie.
Moeiliker keuses moet mens soms eers voordele en nadele teen mekaar opweeg of selfs meer inligting inwin voordat ‘n besluit geneem kan word.
Die keuse wat gemaak word om probleem diere te beheer is egter moeiliker en kan groter nagevolge hê.
In enige berdryf sal daar altyd mense en besighede wees wat goeie diens lewer. Dis die wat jy mee ‘n pad kan stap en jare lange verhoudinge kan bou. Dan is daar ook altyd die wat net in die bedryf is om ‘n paar mense in te doen en ‘n vinnige paar randjies te maak. Somer jagters en dan ook die wat dalk ‘n gevriesde jakkals agter ‘n sitplek uithaal vir ‘n foto. Ongelukkig maak dit mens se keuse om die regte persoon of span te kry nog moeiliker.
Boer Jan kan egter na ‘n paar goed kyk en doen om die keuse makliker te maak.
- Toets die jagter se kennis. My pa het altyd gese dat jy genoeg van enige onderwerp af moet weet sodat jy self kan bepaal of iemand besig is om nonsens te praat.
- Kyk maar na die man se toerusting. Wit bakkie wat nie ‘n vorm van “camo” oor kry nie is verseker werd om in die pad gesteek te word. ‘n Skietsak op die dak met ‘n .22 is eerder die kombinasie om hase te skiet. Mens kry ook natuurlik die manne wat met die minimum toerusting en baie passie ook die werk kan reg doen. Dis verseker nie ‘n geval dat slegs die manne met die beste en nuutste toerusting die beste jagter is nie.
- Verwysings is verseker ‘n goeie metode om nog ‘n opinie in te kry. Maak net seker die verwysing is nie sy beste pel nie.
- Enige alkohol gebruik voor ‘n jag dui vir my aan dat ‘n persoon onverantwoordelik is. Buskruit en alkohol meng glad nie. Loer maar gerus wat is in die man se “coolbox” as hy een op sy bakkie het.
- Opleiding. Het die jagter enige kursusse gedoen? Enige ernstige jakkalsjagter sal moeite doen om elke stukkie inligting te bekom om homself ‘n beter jagter te maak. ‘n Kursus is verseker nie ‘n vereiste nie. Daar is manne in die veld wat baie jare se ondervinding het en die veld was sy leerskool. Hulle is egter baie skaars. Die meeste professionele jagters is egter lewenslange kursus gangers om hul self op te knap.
- Eerlikheid. ‘n man moet darem kan erken as hy ‘n fout gemaak het.
- Sy fokus moet wees om ‘n probleem op te los en nie ‘n probleem te word nie.
Hierdie is maar ‘n paar enkele riglyne wat sal help dat jy die regte keuse maak om die regte persoon te kies om die ongediertes te beheer.
As julle voel hier kort iets, moet assbelief nie huiwer om dit by die comments by te sit nie.
Jakkalsboer groete.