Het die toerusting om jakkals te jag deur die jare verander?

Ek het die wonderlike voorreg gehad om met ‘n gesprek te voer met ‘n oom en boer van die rype ouderdom van 93. Mens besef nie hoe die boerdery verander het deur die jare nie. En as ons dit besef dan neem mens dit dalk vanselfsprekend aan. As jong man het hy begin boer. In daardie jare het jy ‘n sakkie saad van die vorige jaar uitgesif, ‘n paar osse wat hulle kant kon bring en ‘n ekstra ploegskaar nodig gehad om ‘n paar hektare te kon plant. Of nee wag niemand het in daardie jare hektare geplant nie, almal het nog morge geplant.
Deur die jare het hulle met trekkers begin ploeg. Sy eerste trekker was ‘n Bulldog lance en vandag 2019 bestuur die trekkers hulle self met behulp van satelliet-tegnologie.
Die een probleem wat vee en wildboere vandag nog mee te doen het van toeka tot nou, is probleemdiere en die beheer daarvan.
Deur die jare het jakkals se kind ook aangepas soos die boerdery. Die tegnieke wat daardie jare gewerk het om ‘n jakkals te dood gaan nie vandag noodwendig dieselfde effek he nie.
Soos die jakkalse al slimmer geword het en geleer het wat se tegnieke die boer gebruik en daarby aangepas het. So het almal maar tegnieke ook verander om die jakkals een voor te bly.
70 jaar gelede het my oupa nog n jakkals met die perd moeg gejaag en met die stubeul doodgeslaan. Vandag is perde skaars en die hele wereld toegespan onder kamp drade.
Soos tegnologie verbeter het, het die jakkalsjagter ook geleer om dit aan te wend om ‘n beter kans te staan teen probleem dier beheer. Jare terug het ons jakkalse met die mond en n fluitjie gemaak van ‘n strooitjie gebruik om ‘n jakkals se aandag te kry. Later het ons ‘n hele radio kas gelaai kompleet met ‘n kasetspeler en 100m draad om die luidspreker verder van die bakkie af te kry. Kasette met klanke het weggeraak toe die “cd’s” die lig gesien het.
Tegnologie het verseker in baie aspekte dit makliker gemaak om beter sukses te behaal met probleem dier beheer. Dis niks snaaks om vandag ‘n jakkals jagter te sien wat amper beter toegerus is as die apollo 11 in 1959 met die eerste landing op die maan nie.
Standaard toerusting op die hedendaagse bakkie wat toegerus is vir roep en skiet van jakkalse sal gewoonlik die volgende insluit.
- N stoel wat 360 grade kan draai toegerus met krag waarvan die drade nie opwen nie. Met ‘n skiet arm waarin die geweer kan rus en stabiel is om ver skote akkuraat te kan skiet
- ‘n Skietlig wat ook saam met die geweer ingestel is met ‘n “dimmer” om die lig baie flou te kan maak om nie die roofdier te pla nie.
- Nagsig/”thermal” teleskope en toerusting is ook aan die orde van die dag.
- “Range finders” om afstand te meet om die beste skoot te help verseker en dan natuurlik om makliker die dooie dier te gaan optel.
- “Gps” tegnologie is byna ‘n vereiste veral as jy op plase skiet wat jy nie ken nie. Baie waardevolle data word ook hierop versamel om volgende jagte makliker te maak.
- Elektroniese roepers wat koordloos tot afstande so ver 200m (sommige fabrikate selfs heelwat verder) uitgesit kan word om diere in te roep en die aandag van die bakkie af te kry.
- Handfluitjies word ook nog gereeld deur baie jagters gebruik.
- ‘n Raam aan die buitekant van die bakkie waar die probleemdiere gehang kan word sodat al die bosluise en parasiete nie op die bakkie klim nie.
- En dan natuurlik êrens ‘n plekkie om ‘n warm fles vol boeretroos te bêre. As die ryp kraak op ‘n man se baadjie is dit altyd ‘n noodsaaklikheid.

Met al die regte toerusting en tegnologie bly elke jakkals nog steeds ‘n uitdaging en moet nooit onderskat word nie. Hulle leer net so vinnig die tegnologie ken sonder dat hulle kan lees of skryf.
Die lewe gaan maar oor aanpas by omstandighede. Die mens of dier wat die beste kan aanpas is gewoonlik die een wat die beste oorleef.
Jakkalsboer groete.
“Ploeg self op die klip land en gee vir jou kneg die sagte grond. Dan sal jy jou kneg behou en jou ploeg ook.”
C.J.Langenhoven